Spring na inhoud

JW BROADCASTING

Luister na oudioprogramme op Roku

Luister na oudioprogramme op Roku

Die Audio-gedeelte bevat verskeie oudioversamelings, insluitende musiek, dramas en gedramatiseerde Bybelvoorlesings.

(Let wel: Diagramme van ’n Roku 3-afstandbeheerder word regdeur hierdie hulpteks ingesluit. Jou afstandbeheerder is dalk ietwat anders.)

Kies Audio op die tuisblad van JW Broadcasting om te kyk watter oudioversamelings beskikbaar is. Volg die stappe hieronder om oudioprogramme te vind en daarna te luister:

 Luister na ’n oudioprogram

Gebruik die pyltjies op jou Roku-afstandbeheerder om op die Audio-blad rond te beweeg. Die besonderheidsborrel vertoon die titel en tydsduur van die program waarop jy staan.

  • Op- en afpyltjies: Gaan na ’n ander versameling. Die titel van die versameling verskyn bo die roterende lys.

  • Links- en regspyltjies: Gaan deur die oudioprogramme in ’n versameling.

Wenk: Die teller boaan die regterkant toon hoeveel oudioprogramme daar in die versameling is en op watter program jy tans staan.

Druk OK om ’n oudioprogram te kies en die blad met die besonderhede daarvan te vertoon. Kies een van die volgende funksies:

  • Play: Speel die oudioprogram van die begin af.

  • Pause: Pouseer die program.

  • Resume: Speel die oudioprogram verder.

    Let wel: Die stelsel onthou waar in die oudioprogram jy is terwyl jy op die skerm met die besonderhede van die oudioprogram is. As jy hierdie skerm verlaat, sal jy jou plek in die oudioprogram verloor.

  • Play All in This Collection: Speel al die oudioprogramme in die versameling deur met die huidige program op jou skerm te begin.

    Let wel: Die oudioprogramme sal ophou speel wanneer al die programme in die versameling klaar gespeel het.

 Luister na ’n oudioversameling

In plaas daarvan om net een oudioprogram te speel, kan jy na ’n hele versameling luister. Om dit te doen, gebruik een van die volgende metodes:

  • Play All in This Collection: Gaan van die Audio-blad na die program waarna jy wil luister en kies dit. Kies dan Play All in This Collection.

  • Play All: Kies hierdie opsie op die roterende lys van versamelings om al die programme in die versameling te speel van die eerste program af.

  • Shuffle: Kies hierdie opsie op die roterende lys van versamelings om al die programme in die versameling in willekeurige volgorde te speel.

Let wel: Die oudioprogramme sal ophou speel wanneer al die liedere in die versameling klaar gespeel het.

 Beheer ’n oudioprogram

Wanneer ’n oudioprogram speel, kan jy dit soos volg met jou Roku-afstandbeheerder beheer:

  • Pouseer: Pouseer die oudioprogram. Druk die knoppie weer om die program verder te laat speel.

  • Gaan vorentoe: Spring ’n paar sekondes vorentoe.

  • Gaan terug: Gaan ’n paar sekondes terug.

    Wenk: Kyk na die vorderingsaanwyser onder die beeld om te sien hoe ver jy spring elke keer wanneer jy die knoppie druk.

  • Regspyltjie: Spring na die volgende oudioprogram in die versameling (of, as jy die Shuffle-funksie gekies het, na die volgende willekeurige program).

  • Linkspyltjie: Spring na die vorige oudioprogram in die versameling (of, as jy die Shuffle-funksie gekies het, na die vorige program wat gespeel het).

  • Terugknoppie: Gaan terug na die Audio-blad.