GEORGIË | 1998-2006
Dreigemente het hulle nie gekeer nie
Ons broers en susters is nie geïntimideer nie en het aangehou om saam te vergader. Die ouer manne het wyslik voorsorgmaatreëls getref om verkondigers te beskerm. Broer André Carbonneau, ’n Kanadese regsgeleerde wat ons broers in daardie jare verdedig het, vertel: “’n Broer wat ’n selfoon gehad het, het gewoonlik naby die vergaderplek gestaan. As hy ’n oproerige groep mense sien aankom het, het hy die ouer manne dadelik gewaarsku oor ’n moontlike aanval.”
Elke keer wanneer daar ’n aanval was, het twee verteenwoordigers van die takkantoor die broers besoek om hulle te versterk. André sê: “Dit is merkwaardig dat die vergaderplek gewoonlik propvol gelukkige, vreugdevolle broers en susters was wanneer die takkantoor se verteenwoordigers daar aangekom het.”
Diegene wat nie direk deur die aanvalle geraak is nie, insluitende Bybelstudente, het soortgelyke vasberadenheid getoon. André onthou nog hoe hy met ’n vrou gepraat het kort voordat sy ’n ongedoopte verkondiger geword het. Sy het vir hom gesê: “Toe ek daardie aanvalle op die televisie gesien het, het ek die verskil tussen ware en valse Christene gesien, en ek wil ’n ware Christen wees.”
Medegelowiges word moedig verdedig
Gedurende daardie moeilike jare het die verkondigers voorbeeldige geloof en moed getoon deur besig te bly
in die predikingswerk. Diegene wat hulle medegelowiges in die hof moes verdedig, het ook sulke geloof geopenbaar.Die Getuies is dikwels deur die media verkeerd voorgestel as mense wat gesinne opbreek, mediese behandeling weier en teen die Staat rebelleer. En dié wat as hulle regsgeleerdes opgetree het, het hulle reputasie en loopbaan in gevaar gestel.
John Burns, ’n regsgeleerde van die Kanadese takkantoor wat die Georgiese broers in daardie jare gehelp het, sê: “Die plaaslike broers en susters wat regsgeleerdes Fil. 1:7.
was, het hulleself beskikbaar gestel. Hoewel dit hulle werk in gevaar kon stel, was hulle nie bang om hof toe te gaan en hulleself as Getuies van Jehovah te identifiseer nie.” Daardie moedige Getuies het bygedra tot “die verdediging en wetlike bevestiging van die goeie nuus”.—Georgiërs veroordeel die geweld
Intussen het daar nog steeds gewelddadige aanvalle teen die Getuies plaasgevind. Daarom het die Getuies van 8 Januarie 2001 af ’n petisie rondgestuur waarin hulle beskerming gevra het teen aanvalle deur oproerige skares. Hulle het ook gevra dat die mense wat vreedsame inwoners aangeval het, aangekla moet word.
Broer Burns verduidelik wat die doel van die petisie was: “Ons wou wys dat die meeste Georgiërs nie hierdie geweld teen Jehovah se Getuies goedgekeur het nie en
dat ’n klein groepie godsdiens-ekstremiste eintlik vir die geweld verantwoordelik is.”Binne net twee weke het 133 375 mense uit alle streke van Georgië—van wie die meeste Ortodoks was—die petisie geteken. Hoewel die petisie aan president Sjewardnadze voorgelê is, het die geweld nie opgehou nie. Godsdiens-ekstremiste het aangehou om die Getuies aan te val.
Intussen het Jehovah sy volk bly seën. Terwyl godsdiens-ekstremiste besig was om probleme vir God se volk te veroorsaak, het Jehovah God talle opregtes van hart uit valse godsdiens getrek.
Sy breek los van valse godsdiens
Babilina Charatisjwili was byna haar hele lewe lank ’n toegewyde lid van die Georgiese Ortodokse Kerk. Toe sy in haar 30’s was, het sy van dorp tot dorp gereis om mense oor die lewe van die heiliges te leer.
Maar Babilina wou meer oor God leer. Sy het dus besluit om lesings by ’n teologiese skool van die Georgiese Ortodokse Kerk by te woon. Eenkeer het ’n godsdiensleier vir sy luisteraars die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei gewys en hulle aangemoedig om hierdie boek by een van Jehovah se Getuies te kry. Hy het vir hulle gesê: “Hierdie boek kan julle baie oor die Bybel leer.”
Babilina was geskok. Sy het die Getuies altyd vermy, en nou het ’n godsdiensleier een van hulle boeke aanbeveel! Sy het haar afgevra: ‘Wat soek ek hier as ek by Jehovah se Getuies oor God moet leer?’ Sy het dadelik met die Getuies in die stad Poti in aanraking gekom en die Bybel begin studeer.
Terwyl Babilina se Bybelkennis toegeneem het, het sy belangrike veranderinge in haar lewe aangebring. Sy het eenkeer gesê: “Toe ek met my eie oë sien dat die Bybel sê dat dit verkeerd is om beelde te aanbid, het ek alle vorme van afgodediens verwerp. Ek was oortuig dat dit die regte ding is om te doen.” Toe sy besluit het om een van Jehovah se Getuies te word, was sy al in haar laat 70’s.
Babilina het ongelukkig in 2001 siek geword en gesterf voordat sy gedoop kon word. Maar haar kleindogter, Izabela, is later gedoop en dien Jehovah nou getrou.
Sy wou ’n non word
Eliso Dzidzisjwili was 28 jaar oud toe sy besluit het dat sy ’n non wil word. Omdat daar nie ’n klooster naby haar tuisdorp, Tkiboeli, was nie, het sy in 2001 na Tbilisi getrek. Terwyl sy vir plek in ’n klooster gewag het,
het sy tydelik as ’n privaat onderwyseres gewerk. Een van haar leerlinge se ma was ’n suster met die naam Nunu.Eliso vertel: “Ons het dikwels oor die Bybel gepraat. Ek het die Ortodokse godsdiens sterk verdedig, terwyl Nunu my geduldig die een vers na die ander gewys het. Op ’n dag het sy aangebied om die brosjure Wat vereis God van ons? vir my te lees. Terwyl ons die paragrawe gelees en die Bybeltekste nageslaan het, het ek besef dat die aanbidding van beelde volgens God se gebod verkeerd is.”
Eliso het later na die plaaslike kerk gegaan en vir ’n priester vrae gevra. Sy antwoorde het haar laat besef dat die kerk se leerstellings nie op die Bybel gegrond is nie (Mark. 7:7, 8). Sy was oortuig dat sy die waarheid gevind het en het onmiddellik die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin studeer en is kort daarna gedoop.
Koninkryksale word gebou ondanks teenstand
Teen 2001 was daar al hoe meer gemeentes wat geskikte plekke vir aanbidding nodig gehad het. Daar was sowat 70 Koninkryksale nodig. Ondanks die teenstand in die land is daar ’n Koninkryksaalbouprogram op die been gebring.—Esra 3:3.
’n Bouspan het kort daarna begin om ’n gebou op te knap wat voorheen deur verskeie gemeentes in Tbilisi gebruik is. Nog twee projekte is aangepak—’n projek in Tbilisi en een in Tsjiatoera, in Wes-Georgië.
Broer Tamazi Choetsisjwili, wat aan die projek in Tsjiatoera gewerk het, vertel: “Ons was 15 mense wat elke dag op die perseel gewerk het. Kort voor lank het almal in die dorp geweet dat ons ’n nuwe saal bou. Soms het ons gehoor dat teenstanders die Koninkryksaal wou vernietig.”
Hoe suksesvol sou die bouprojek wees met soveel teenstand? Tamazi sê: “Ons het aangehou met ons werk en binne drie maande was die Koninkryksaal klaar. Ten *
spyte van die dreigemente het daar geen teenstanders opgedaag nie.”Langverwagte verligting
In Oktober 2003 is daar met ’n bouprojek in die stad Samtredia begin. Godsdiens-ekstremiste het weer die plaaslike broers gedreig. Die mure was net klaar gebou en die sement was nog nat toe teenstanders die gebou kom afbreek het.
Maar in November 2003 het ’n nuwe verwikkeling in Georgië verligting vir ons broers en susters gebring. ’n Nuwe regering het die deur na groter godsdiensverdraagsaamheid geopen. As gevolg hiervan is ’n
aantal lede van die ekstremistiese Ortodokse groep wat Jehovah se Getuies aangeval het, in hegtenis geneem.God se volk word ryklik geseën
Kort nadat die vervolging tot ’n einde gekom het, het Jehovah se volk in Georgië baie geestelike seëninge ontvang. By die streekbyeenkoms in 2004 is die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Georgies vrygestel.
Daar was nog ’n onvergeetlike gebeurtenis by die “Verlossing is op hande!”-streekbyeenkoms in 2006. Daar was groot opgewondenheid toe die byeenkomsgangers
hoor dat Geoffrey Jackson, ’n lid van die Bestuursliggaam, ’n toespraak sou lewer. En wat ’n verrassing was dit tog toe broer Jackson aankondig dat die volledige Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in Georgies vrygestel word!Talle byeenkomsgangers het trane van dankbaarheid gestort. Een suster het gesê: “Woorde kan nie beskryf hoe verheug ek was toe ons die volledige Bybel ontvang het nie. . . . Dit was werklik ’n geskiedkundige gebeurtenis.” Meer as 17 000 mense het hierdie geestelike fees geniet. Dit was ’n mylpaal in die geskiedenis van Jehovah se volk in Georgië!
^ par. 29 Sewe Koninkryksale is van 2001 tot 2003 in verskillende dele van die land gebou.