Esra 10:1-44

  • Verbond om uitlandse vrouens weg te stuur (1-14)

  • Uitlandse vrouens weggestuur (15-44)

10  Terwyl Esra gebid+ en die sondes van die volk bely het, het hy huilend en uitgestrek op die grond voor die huis van die ware God gelê. En ’n baie groot groep mans, vrouens en kinders uit Israel het by hom bymekaargekom, want die volk het bitterlik gehuil.  Toe het Seganʹja, die seun van Jehiʹël,+ van die seuns van Elam,+ vir Esra gesê: “Ons het ontrou teenoor ons God opgetree deur met uitlandse vrouens uit die volke van die land te trou.*+ Maar tog is daar nog hoop vir Israel.  Laat ons dan nou ’n verbond met ons God maak+ om al die vrouens en dié wat uit hulle gebore is, weg te stuur, volgens die riglyne van Jehovah en van dié wat diep respek het vir* die gebod van ons God.+ Laat ons volgens die Wet optree.  Staan op, want hierdie saak is u verantwoordelikheid, en ons is met u. Wees sterk en tree op.”  Daarop het Esra opgestaan en die hoofde van die priesters, die Leviete en die hele Israel ’n eed laat aflê om te doen wat gesê is.+ Hulle het dus ’n eed afgelê.  Esra het toe voor die huis van die ware God opgestaan en na die eetkamer van Johaʹnan, die seun van Eljaʹsib, gegaan. Al het hy daarheen gegaan, het hy nie kos geëet of water gedrink nie, want hy het oor die ontrouheid van die ballinge* getreur.+  Toe het hulle deur die hele Juda en Jerusalem aangekondig dat al die mense wat voorheen ballinge was, in Jerusalem bymekaar moet kom  en dat die leiers en die ouermanne besluit het dat ’n persoon se besittings weggevat* sou word en dat hy uit die gemeente van die ballinge verban sou word as hy nie binne drie dae gekom het nie.+  Toe het al die manne van Juda en Benjamin binne drie dae in Jerusalem bymekaargekom, dit wil sê in die negende maand, op die 20ste dag van die maand. Die hele volk het in ’n voorhof van die huis van die ware God gesit, en hulle het gebewe weens hierdie saak en weens die swaar reën. 10  Toe het die priester Esra opgestaan en vir hulle gesê: “Julle het ontrou opgetree omdat julle met uitlandse vrouens getrou het,+ en deur dit te doen, het julle bygedra tot die skuld van Israel. 11  Bely dan nou julle sondes aan Jehovah, die God van julle voorvaders, en doen sy wil. Sonder julle af van die volke van die land en van hierdie uitlandse vrouens.”+ 12  Toe het die hele gemeente met ’n harde stem geantwoord: “Dit is ons plig om te doen presies wat jy sê. 13  Maar daar is baie mense, en dit is die reënseisoen. Dit is nie moontlik om buite te staan nie, en die saak sal nie net een of twee dae neem nie, want ons het grootliks teen God gesondig. 14  Laat ons leiers dan nou asseblief die hele gemeente verteenwoordig,+ en laat almal in ons stede wat met uitlandse vrouens getrou het op ’n vasgestelde tyd kom, saam met die ouermanne en regters van elke stad, totdat ons die brandende woede van ons God oor hierdie saak laat bedaar het.” 15  Maar Joʹnatan, die seun van Aʹsahel, en Jagseʹja, die seun van Tikwa, was hierteen gekant, en die Leviete Mesulʹlam en Sabʹbetai+ het hulle ondersteun. 16  Maar die mense wat voorheen ballinge was, het gedoen wat besluit is, en die priester Esra en die familiehoofde van hulle vaderhuise, wat almal by hulle name genoem is, het op die eerste dag van die tiende maand alleen bymekaargekom om die saak te bespreek. 17  Teen die eerste dag van die eerste maand het hulle al die sake afgehandel in verband met die mans wat met uitlandse vrouens getrou het. 18  En daar is ontdek dat party van die seuns van die priesters met uitlandse vrouens getrou het:+ van die seuns van Jeʹsua,+ die seun van Joʹsadak, en sy broers was daar Maäseʹja, Eliëser, Jarib en Gedalʹja. 19  Maar hulle het belowe* om hulle vrouens weg te stuur, en omdat hulle skuldig was, sou hulle ’n skaapram uit die kudde offer vir hulle skuld.+ 20  Van die seuns van Immer+ was daar Hanaʹni en Sebadʹja. 21  Van die seuns van Harim:+ Maäseʹja, Eliʹa, Semaʹja, Jehiʹël en Ussiʹa. 22  Van die seuns van Pasgur:+ Eljoënai, Maäseʹja, Isʹmael, Netaʹnel, Joʹsabad en Eleaʹsa. 23  En van die Leviete was daar Joʹsabad, Siʹmeï, Kelaʹja (wat ook Keliʹta genoem is), Petagʹja, Juda en Eliëser. 24  Van die sangers: Eljaʹsib. Van die poortwagters: Sallum, Telem en Uri. 25  En van Israel, van die seuns van Paros,+ was daar Ramja, Jissiʹa, Malkiʹa, Mijaʹmin, Eleaʹsar, Malkiʹa en Benaʹja. 26  Van die seuns van Elam:+ Mattanʹja, Sagariʹa, Jehiʹël,+ Abdi, Jeʹremot en Eliʹa. 27  Van die seuns van Sattu:+ Eljoënai, Eljaʹsib, Mattanʹja, Jeʹremot, Sabad en Asiʹsa. 28  Van die seuns van Bebai:+ Joʹhanan, Hananʹja, Sabbai en Atlai. 29  Van die seuns van Bani: Mesulʹlam, Mallug, Adaʹja, Jasub, Seal en Jeʹremot. 30  Van die seuns van Pahat-Moab:+ Adna, Kelal, Benaʹja, Maäseʹja, Mattanʹja, Besaʹleël, Binʹnuï en Manasʹse. 31  Van die seuns van Harim:+ Eliëser, Jissiʹja, Malkiʹa,+ Semaʹja, Siʹmeon, 32  Benjamin, Mallug en Semarʹja. 33  Van die seuns van Hasum:+ Matʹtenai, Mattatʹta, Sabad, Elifeʹlet, Jereʹmai, Manasʹse en Siʹmeï. 34  Van die seuns van Bani: Maʹädai, Amram, Uʹel, 35  Benaʹja, Bedeʹja, Keluʹhi, 36  Wanja, Meʹremot, Eljaʹsib, 37  Mattanʹja, Matʹtenai en Jaʹäsai. 38  Van die seuns van Binʹnuï: Siʹmeï, 39  Selemʹja, Natan, Adaʹja, 40  Magnadʹbai, Sasai, Saʹrai, 41  Asaʹreël, Selemʹja, Semarʹja, 42  Sallum, Amarʹja en Josef. 43  Van die seuns van Nebo: Jeïel, Mattitʹja, Sabad, Sebiʹna, Jaddai, Joël en Benaʹja. 44  Hulle almal het met uitlandse vrouens getrou,+ en hulle het hulle vrouens saam met hulle kinders weggestuur.+

Voetnote

Of “deur . . . in ons huise te neem”.
Lett. “wat bewe vir”.
D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.
Of “met ’n ban (vloek) getref”.
Lett. “hulle het hulle hande gegee”.