Miga 3:1-12

  • Leiers en profete veroordeel (1-12)

    • Miga met krag gevul deur Jehovah se gees (8)

    • Priesters onderrig teen ’n prys (11)

    • Jerusalem sal verwoes word (12)

3  Ek het gesê: “Luister asseblief, hoofde van Jakoben leiers van die huis van Israel.+ Behoort julle nie te weet wat reg is nie?   Maar julle haat wat goed is+ en is lief vir wat sleg is.+ Julle trek die velle van my volk af, en die vlees van hulle gebeente.+   Julle eet ook die vlees van my volk+en trek hulle velle af. Julle breek hulle bene en slaan dit stukkend,+soos vleis wat in ’n pot gekook gaan word.   Dan sal hulle tot Jehovah om hulp roep,maar hy sal hulle nie antwoord nie. Hy sal in daardie tyd sy gesig van hulle af wegdraai+as gevolg van hulle goddelose dade.+   Dít is wat Jehovah sê teen die profete wat my volk mislei,+wat vrede verkondig+ terwyl hulle iets het om te kou,*+maar oorlog verklaar teen die een wat niks in hulle monde sit nie:   ‘Daar sal vir julle nag wees.+ Daar sal geen visioene wees nie.+ Daar sal net duisternis vir julle wees, geen waarsêery nie. Die son sal vir die profete ondergaan,en die dag sal vir hulle donker word.+   Die sieners sal verneder word,+en die waarsêers sal teleurgesteld wees. Hulle almal sal hulle gesigte in skaamte moet bedek,*want daar kom geen antwoord van God af nie.’”   Maar ek is deur die gees van Jehovah gevul met kragen met geregtigheid en magom aan Jakob sy opstandige dade bekend te maak, en aan Israel sy sonde.   Luister asseblief hierna, hoofde van die huis van Jakoben leiers van die huis van Israel,+wat geregtigheid haat en wat alles wat reguit is, krom maak,+ 10  wat Sion op bloed bou, en Jerusalem op onregverdigheid.+ 11  Haar leiers oordeel vir ’n omkoopgeskenk,+haar priesters onderrig teen ’n prys+en haar profete beoefen waarsêery vir geld.*+ En tog beweer hulle dat hulle op Jehovah vertrou, en sê: “Is Jehovah nie met ons nie?+ Geen rampspoed sal oor ons kom nie.”+ 12  Daarom sal Sion weens jullesoos ’n landery omgeploeg word,Jerusalem sal verwoes* word+en die Tempelberg sal soos die hoogtes in ’n woud* word.+

Voetnote

Of moontlik “terwyl hulle met hulle tande byt”.
Of “hulle snorre moet bedek”.
Of “silwer”.
Of “’n ruïne”.
Of “’n beboste heuwel”.