Spreuke 29:1-27

  • Kind aan homself oorgelaat, bring skande (15)

  • Sonder God se leiding ruk volk handuit (18)

  • Man wat gou kwaad word, maak moeilikheid (22)

  • Nederige verkry eer (23)

  • Mensevrees ’n strik (25)

29  ’n Man wat hardkoppig bly nadat hy herhaaldelik tereggewys is,+sal skielik tot ’n val kom en geen hoop op genesing hê nie.+   Wanneer die regverdiges baie is, is die volk bly,maar wanneer ’n goddelose regeer, sug die volk.+   ’n Man wat wysheid liefhet, maak sy pa bly,+maar die een wat met prostitute assosieer, vermors sy rykdom.+   Deur geregtigheid bring ’n koning stabiliteit in ’n land,+maar ’n man wat omkoopgeskenke wil hê, verwoes dit.   ’n Man wat sy medemens vlei,lei hom in ’n strik.+   ’n Slegte man se oortreding verstrik hom,+maar die regverdige roep vreugdevol uit en is bly.+   Die regverdige is besorg oor die regte van die armes,+maar die goddelose is glad nie besorg daaroor nie.+   Grootpraters veroorsaak oproerigheid in ’n stad,+maar die wyses laat woede bedaar.+   Wanneer ’n wyse man ’n saak maak teen ’n dwaas,sal daar ’n geskree en ’n gespot wees, maar daar sal geen oplossing wees nie.+ 10  Bloeddorstige manne haat onskuldige* mense,+en hulle wil dié doodmaak wat reg lewe.* 11  ’n Dwaas beheer nie sy woede nie,+maar die wyse man bly kalm.+ 12  As ’n heerser hom aan leuens steur,sal al sy knegte goddeloos wees.+ 13  Die arm man en die onderdrukker het die volgende in gemeen: Jehovah gee hulle albei lewe.* 14  Wanneer ’n koning die armes regverdig oordeel,+sal sy troon nooit in gevaar wees nie.+ 15  Die lat* en teregwysing gee wysheid,+maar ’n kind wat aan homself oorgelaat word, steek sy ma in die skande. 16  Hoe meer goddeloses daar is, hoe meer oortredings is daar,maar die regverdiges sal die ondergang van die goddeloses sien.+ 17  Dissiplineer jou seun, en jy sal rus hê,en hy sal vir jou* groot vreugde bring.+ 18  Sonder God se leiding* ruk die volk handuit,+maar dié wat die wet gehoorsaam, is gelukkig.+ 19  Dit help nie om ’n kneg met woorde tereg te wys nie,want al verstaan hy, luister hy nie.+ 20  Het jy ’n man gesien wat praat sonder om te dink?*+ Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir hom.+ 21  As ’n kneg van jongs af bederf word,sal hy later ondankbaar word. 22  ’n Man wat gou kwaad word, maak moeilikheid,+en iemand wat geneig is om woedend te word, begaan baie oortredings.+ 23  Hoogmoed lei tot vernedering,+maar die een wat nederig is, sal eer verkry.+ 24  Die handlanger van ’n dief haat homself. Al hoor hy dat getuies geroep word,* sê hy niks.+ 25  Om vir mense bang te wees, is ’n strik,+maar die een wat op Jehovah vertrou, sal beskerm word.+ 26  Baie wil hulle saak aan ’n heerser stel,* maar Jehovah sorg dat ’n mens geregtigheid kry.+ 27  ’n Onregverdige man is vir die regverdiges afskuwelik,+maar die een wat die regte weg volg, is vir die goddeloses afskuwelik.+

Voetnote

Of “onberispelike”.
Of moontlik “maar dié wat reg lewe, wil hulleself beskerm”.
Lett. “verlig albei se oë”.
Of “Dissipline; Straf”.
Of “jou siel”.
Of “’n profetiese visioen; ’n openbaring”.
Of “wat haastig is met sy woorde”.
Of “’n eed wat met ’n vloek gepaardgaan”.
Of moontlik “die goedkeuring van ’n heerser verkry”.