Spreuke 5:1-23

  • Waarskuwing teen onsedelike vrouens (1-14)

  • “Vind vreugde in die vrou van jou jeug” (15-23)

5  My seun, skenk aandag aan my wysheid. Luister mooi na wat ek jou oor insig leer,+    sodat jy jou denkvermoë kan beskermen altyd met kennis kan praat.+   Want die lippe van die slegte* vrou drup soos ’n heuningkoek+en haar mond is gladder as olie.+   Maar op die ou end is sy so bitter soos als+en veroorsaak sy pyn soos ’n skerp* swaard.+   Haar voete gaan af na die dood. Haar voetstappe lei reguit na die Graf.*   Sy stel nie belang in die pad na die lewe nie. Sy swerf rond en weet nie waarheen sy gaan nie.   En nou, my seuns, luister na myen bly by wat ek julle leer.   Bly ver weg van haar. Moenie naby die ingang van haar huis kom nie,+   sodat jy nie jou waardigheid aan ander gee+of die res van jou lewe ly nie;+ 10  sodat vreemdelinge nie jou besittings* kry,+en ander die dinge waarvoor jy hard gewerk het nie. 11  Anders sal jy aan die einde van jou lewe swaarkrywanneer jou hele liggaam wegteer.+ 12  En dan sal jy sê: “Hoekom het ek dissipline so gehaat,en hoekom het my hart teregwysing gehaat? 13  Ek het nie na die stem van my onderrigters geluisterof aandag geskenk aan die mense wat my geleer het nie. 14  Ek staan op die rand van die afgrond,en almal kan dit sien.”*+ 15  Drink water uit jou eie reënputen strome* water uit jou eie fontein.+ 16  Moet jou fonteine dan op verskillende plekke versprei wees,en jou waterstrome op die openbare pleine?+ 17  Laat jou waterstrome vir jou alleen wees,en nie vir vreemdelinge nie.+ 18  Mag jou eie fontein geseënd wees,en vind vreugde in die vrou van jou jeug,+ 19  ’n lieflike wildsbokkie, ’n pragtige bergbokkie.+ Laat haar borste jou te alle tye vreugde gee. Mag jy altyd groot genot vind in haar liefde.+ 20  My seun, hoekom moet jy dan by ’n slegte* vrou genot vindof ’n onsedelike* vrou* omhels?+ 21  Want Jehovah sien die weë van die mens,en hy ondersoek al sy paaie.+ 22  Die goddelose persoon word vasgevang in sy eie oortredings,en hy sal deur die toue van sy eie sonde gevang word.+ 23  Hy sal sterf omdat daar geen dissipline was nie en afdwaal as gevolg van sy groot dwaasheid.

Voetnote

Lett. “vreemde”. Sien Spr 2:16.
Lett. “tweesnydende”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “krag”.
Lett. “in die gemeenskap en die gemeente”.
Of “vars”.
Lett. “vreemde”. Sien Spr 2:16.
Lett. “uitlandse”. Sien Spr 2:16.
Of “die boesem van ’n onsedelike vrou”.