Krag bo my eie
Laai af:
1. Jehovah God, ek voel so swak –
daar’s soveel angs hier diep in my hart.
So ek bid tot u en voel u krag!
U hou my hand –
u help my deur als.
(BRUG)
So ek vra
dat u vandag weer vir my dra.
(REFREIN)
Want u lig my op
en ek voel hoe ek hoog vlieg, ek sweef bo als.
Nes ’n arend met sy vlerke oop –
met krag bo my eie – sweef ek bo als.
U krag laat my sweef bo als.
2. Nes ek kan sweef, kan jy sterk wees.
Kom, vat my hand, ek sal jou help hierdeur.
Ek weet jy’s moeg, maar jy kan vlieg –
God sal jou dra, want hy het jou lief.
(BRUG)
En ek weet
hy sal vandag weer met jou wees.
(REFREIN)
Want hy lig ons op
en ons voel hoe ons hoog vlieg, ons sweef bo als.
Nes ’n arend met sy vlerke oop –
met krag bo ons eie – sweef ons bo als,
sy krag laat ons sweef bo als.
(REFREIN)
Ja, u lig my op
en ek voel hoe ek hoog vlieg, ek sweef bo als.
Nes ’n arend met sy vlerke oop –
met krag bo my eie – sweef ek bo als.
U krag laat my sweef bo als.
U krag laat my sweef bo als.
U krag laat my sweef bo als.