Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Met een hart saam sing

Met een hart saam sing

Laai af:

  1. 1. Mense roep uit in pyn.

    Vir baie het hoop verdwyn.

    Oorlog en haat, so desperaat,

    nêrens vind mense vrede.

    Deur hierdie donker tyd

    kan ons almal vooruitkyk.

    Jehovah voorsien aan die wat hom dien

    ’n hoop wat so helder skyn:

    (REFREIN)

    Een God, een volk,

    een gesin.

    Een hart, een stem –

    die heelal sal saam sing,

    sal met een hart saam sing.

  2. 2. Binnekort is jy vry

    van als wat jou onderkry.

    En ons moet onthou: God gee ons selfs nou

    vrede wat ons beskerm –

    vrede wat ons kalmeer

    en elke traan wegvee.

    Ons is amper daar. Sy woord word nou waar.

    Dink net wat ons gaan sien:

    (REFREIN)

    Een God, een volk,

    een gesin.

    Een hart, een stem –

    die heelal sal saam sing,

    sal met een hart saam sing.

    (OORGANG)

    Wanneer sy seun regeer,

    sal ons eers regtig leef.

    Want dan is ons vry. Ons pyn is verby.

    Ons sal, as een, altyd

    voor Jehovah neerbuig!

    (REFREIN)

    Een God, een volk,

    een gesin.

    Een hart, een stem –

    die heelal sal saam sing.

    Een God, een volk,

    een gesin.

    Een hart, een stem –

    die heelal sal saam sing,

    sal met een hart saam sing.

    ’n Nuwe dag begin!