Liefde faal nooit
Laai af:
1. Kyk hier rondom jou,
jy’s deur liefde omring –
in die wêreld vind mens dit min.
Al die vriende hier
het die waarheid gekies,
en lojaal het ons mekaar lief.
(BRUG)
Die liefde sal nooit faal –
dis wat hy ons beloof.
(REFREIN)
Liefde wat nooit faal –
dis wat Jehovah is.
Dis sy geskenk aan ons.
Liefde wat nooit faal –
sonder dit is ons niks.
Mag die liefde hier vandag
bly in elkeen se hart –
liefde faal nooit.
2. Selfs wanneer dit voel
asof als te veel raak
en dit moeilik word om aan te gaan,
maak dit ons so bly
om ons hoop te kan deel,
en ons voel vertroos dat God omgee.
(BRUG)
Die liefde bly vir ewig –
dis wat hy ons beloof.
(REFREIN)
Liefde wat nooit faal –
dis wat Jehovah is.
Dis sy geskenk aan ons.
Liefde wat nooit faal –
sonder dit is ons niks.
Mag die liefde hier vandag
bly in elkeen se hart.
(REFREIN)
Liefde wat nooit faal –
dis wat Jehovah is.
Dis sy geskenk aan ons.
Liefde wat nooit faal –
sonder dit is ons niks.
Mag die liefde hier vandag
bly in elkeen se hart –
liefde faal nooit.
Liefde faal nooit,
liefde faal nooit.