Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

U herinneringe lei my

U herinneringe lei my

Laai af:

  1. 1. Wat doen ek nou? Ek moet nou kophou.

    Die uitnodiging is waarskynlik heel oukei.

    Moontlik sal dit nie tot iets wat verkeerd is, lei.

    Op watter weg moet ek nou bly? Watter pad’s reg vir my?

    Wat doen ek nou? Wat moet ek onthou?

    Wat as dinge handuit ruk, maar ek’s dan reeds daar?

    Strikke alom my, hoe sal ek my hart bewaar?

    Op watter weg moet ek nou bly? Jehovah, ek smeek u, wys my.

    (REFREIN)

    Ek’s lief vir u Woord. U herin’ringe lei my.

    Van nou af en altyd sal my hart getrou bly.

    Mag ek lees in u Woord en dan u stem daar hoor. Help my dat ek sien.

  2. 2. Ek weet ek moet mooi dink. Die antwoord moet ek vind.

    Aan die een kant wil ek aan niemand aanstoot gee.

    Maar wat as ek gaan en ek dan soos hul optree?

    Ek kan nou sien watʼs reg vir my — die pad, waarop ek gaan bly.

    (REFREIN)

    Ek’s lief vir u Woord. U herin’ringe lei my.

    Hul gee vir my insig, help dat my hart sterk bly.

    Mag ek lees in u Woord en dan u stem daar hoor. Help my dat ek sien.

    (REFREIN)

    Ek’s lief vir u Woord. U herin’ringe lei my.

    Hul gee vir my insig, help dat my hart sterk bly.

    As my lewe gerig is op u Woord se lig,

    is u hier aan my sy, u groot mag alom my.

    Mag ek lees in u Woord en dan u stem daar hoor. Help my dat ek sien.