LIED 102
‘Staan die swakkes by’
-
1. Ondanks al ons swakhede
bly ons positief,
want Jehovah sê vir ons
hy’t ons innig lief.
Hy help ons met ons stryd;
toon liefde deurentyd.
Mag ons sulke liefde toon,
sonder bymotief.
-
2. Selfs dié wat ons dink is sterk,
moet teen sorge stry.
Deur ons woorde help ons hul
om weer moed te kry.
God gee vir swakkes om,
krag kan hul kry by hom.
Ons kan hul ook troos en help,
ons staan hulle by.
-
3. Ons veroordeel swakkes nie,
want ons weet beslis
dat ons hulle kan versterk
as ons vriend’lik is.
Bly hulle goedgesind,
altyd aanmoedigend.
As ons hul in liefde help,
vind hul troos en rus.
(Sien ook Jes. 35:3, 4; 2 Kor. 11:29; Gal. 6:2.)