Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ismail Sen/Anadolu Agency via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Verwoestende aardbewings tref Turkye en Sirië – Wat sê die Bybel?

Verwoestende aardbewings tref Turkye en Sirië – Wat sê die Bybel?

 Op Maandag 6 Februarie 2023 het verwoestende aardbewings Turkye en Sirië getref.

  •   “’n Groot aardbewing het Maandag meer as 3 700 mense regoor ’n groot deel van Turkye en in die noordweste van Sirië doodgemaak. Die yskoue winterweer het die situasie vererger vir die duisende mense wat beseer is en hulle huise verloor het. Hierdie koue weer het dit ook baie moeiliker gemaak om oorlewendes te vind.” – Reuters, 6 Februarie 2023.

 Dit breek ons harte wanneer ons van sulke tragedies lees. In sulke tye kan ons op Jehovah vertrou wat “die God van alle vertroosting” is (2 Korintiërs 1:3). Hy voorsien “vertroosting uit die Skrif [sodat ons] hoop kan hê”. – Romeine 15:4.

 In die Bybel leer ons:

  •   Wat oor aardbewings voorspel is.

  •   Waar ons vertroosting en hoop kan kry.

  •   Hoe God ’n einde aan swaarkry sal maak.

 Om uit te vind wat die Bybel oor hierdie onderwerpe sê, lees die artikels:

a Jehovah is die persoonlike naam van God. – Psalm 83:18.