Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOU AAN WAAK!

Jehovah se Getuies en die Nazi-slagting – Wat sê die Bybel?

Jehovah se Getuies en die Nazi-slagting – Wat sê die Bybel?

 Op 27 Januarie 2023 sal baie mense die Internasionale Herdenkingsdag van die Nazi-slagting herdenk. Die wrede en aaklige dinge wat meer as 75 jaar gelede gebeur het, kan jou laat wonder hoekom God toegelaat het dat die Nazi-slagting plaasgevind het.

 Die Joodse volk het deur aaklige dinge gegaan as gevolg van die Nazi-slagting. Miljoene mense is doelbewus op ’n georganiseerde manier vermoor. Mense van ander groepe is ook vervolg en doodgemaak gedurende die Nazi-slagting. Van hulle was Jehovah se Getuies, wat vir hulle Bybelse oortuigings vervolg is.

“’n Toekoms en ’n hoop”

 Baie mense is bang dat iets soos die Nazi-slagting weer kan gebeur. Gelukkig belowe die Bybel dat sulke tragedies in die toekoms nie meer sal gebeur nie.

  •   “‘Want ek weet goed wat ek vir julle in gedagte het,’ sê Jehovah. ‘Ek wil julle vrede gee, nie rampspoed nie. Ek wil julle ’n toekoms en ’n hoop gee.’” – Jeremia 29:11. a

 Hierdie hoop sal ’n werklikheid word wanneer Jehovah God ’n einde aan alle slegte dinge maak en die skade wat dit veroorsaak het, wegneem. Binnekort sal hy:

 Jy kan die vertroostende hoop in die Bybel vertrou. Om uit te vind hoekom, nooi ons jou om gebruik te maak van ons gratis Bybelstudie met ’n onderrigter.

a Jehovah is die persoonlike naam van God. – Psalm 83:18.