Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOU AAN WAAK!

Die oorlog in Oekraïne maak voedseltekorte wêreldwyd erger

Die oorlog in Oekraïne maak voedseltekorte wêreldwyd erger

 Op 19 Mei 2022 het meer as 75 amptenare in hoë posisies met die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gepraat. Hulle het gesê dat “’n wêreldwye voedselkrisis wat al klaar erg is as gevolg van die COVID-19-pandemie en klimaatsverandering, wêreldwyd nog erger gemaak word as gevolg van die oorlog in Oekraïne en dat daar ’n gevaar van hongersnood op party plekke is”. Kort daarna het The Economist gesê dat as gevolg van die oorlog sal die wêreld, wat alreeds so baie probleme het, selfs nog groter voedseltekorte hê. Die Bybel het voorspel dat sulke voedseltekorte in ons tyd sou gebeur, maar dit help ons ook om dit te hanteer.

Die Bybel het ’n voedselkrisis voorspel

  •    Jesus het voorspel: “Nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk, en daar sal voedseltekorte . . . wees.”Matteus 24:7.

  •    Die Bybelboek Openbaring beskryf vier simboliese perderuiters. Een van hierdie perderuiters verteenwoordig oorlog. Hy word gevolg deur ’n ander perderuiter wat hongersnood verteenwoordig, ’n tyd wanneer dit moeilik sou wees om kos in die hande te kry en wanneer dit teen baie hoë pryse verkoop sou word. “Ek het gesien: daar was ’n swart perd. Sy ruiter het ’n skaal in sy hand gehad. Toe het ek iets soos ’n stem . . . hoor sê: ‘Net een skeppie koring vir ’n dagloon en net drie skeppies gars vir ’n dagloon.’” – Openbaring 6:5, 6, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (1983).

 Hierdie Bybelprofesieë oor voedseltekorte word nou waar in die tyd wat die Bybel “die laaste dae” noem (2 Timoteus 3:1). Om meer uit te vind oor “die laaste dae” en die vier perderuiters van Openbaring, kyk na die video Die wêreld het verander vanaf 1914 en lees die artikel “Die vier perderuiters—Wie is hulle?

Hoe die Bybel kan help

  •    Die Bybel bevat praktiese raad wat ons kan help om moeilike omstandighede te hanteer, insluitende kospryse wat al hoe hoër word en selfs voedseltekorte. Kyk na ’n paar voorbeelde in die artikel “Hoe om met minder geld klaar te kom”.

  •    Die Bybel gee ons ook hoop dat dinge beter sal word. Dit belowe ’n tyd wanneer ‘daar volop graan op die aarde sal wees’ en almal oorgenoeg sal hê om te eet (Psalm 72:16). Om meer uit te vind oor die Bybel se hoop vir die toekoms en hoekom jy dit kan vertrou, lees die artikel “’n Ware hoop vir ’n beter toekoms”.