Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die Kaukasus—’n “Berg van tale”

Die Kaukasus—’n “Berg van tale”

STEL jou voor dat jy ’n redelik bergagtige gebied besoek wat omtrent so groot is soos Spanje. Tot jou verbasing ontdek jy dat tientalle verskillende nasies daar woon, elkeen met sy eie taal. Trouens, op party plekke kan mense in naburige dorpies mekaar nie eers verstaan nie! Middeleeuse aardrykskundiges was ongetwyfeld net so verbaas, want een van hulle het presies so ’n gebied—die Kaukasus—as “’n berg van tale” beskryf.

Hierdie streek lê aan die voet van die Kaukasusgebergte tussen die Swartsee en die Kaspiese See, waar vastelande en beskawings ontmoet, en daarom het dit ’n lang geskiedenis en ’n ryk kultuur. Die inwoners daarvan is bekend vir hulle respek vir ouer mense, hulle liefde vir dans en hulle hartlike gasvryheid. Maar vir baie besoekers is die fassinerendste aspek van die Kaukasus die groot verskeidenheid etniese groepe en tale—trouens, daar word meer tale hier gepraat as in enige ander Europese streek van dieselfde grootte.

Verbasende verskeidenheid

In die vyfde eeu VHJ het die Griekse geskiedskrywer Herodotus gesê: “Baie en verskillende nasies woon in die Kaukasus.” Omstreeks die begin van die eerste eeu HJ het ’n ander Griekse geskiedskrywer, Strabo, geskryf van 70 stamme in die streek. Elke stam het sy eie taal gehad en handel gedryf in Dioskoerias, aan die Swartsee, waar die hedendaagse stad Soechoemi geleë is. Etlike dekades later het Plinius die Ouere, ’n Romeinse geleerde, geskryf dat die Romeine 130 tolke nodig het om in Dioskoerias sake te doen.

Vandag is daar nog steeds meer as 50 etniese groepe wat in die Kaukasus woon. Elkeen het sy eie gebruike en dikwels sy eie kenmerkende kleredrag, kuns en argitektuur. Ten minste 37 inheemse tale word hier gepraat—party deur miljoene mense, terwyl ander slegs in sekere dorpies gepraat word. Die gebied waar die meeste tale gepraat word, is Rusland se Dagestan-republiek, waar daar omtrent 30 inheemse etniese groepe woon. Dit is nog steeds onduidelik presies hoe al hierdie tale aan mekaar en aan ander taalgroepe verwant is.

Jehovah se Getuies leer ander van die Bybel in die Kaukasus

Sal jy graag wil sien hoe Kaukasiese tale geskryf word? Op Jehovah se Getuies se amptelike webwerf, www.mr1310.com/af, is daar publikasies in meer as 400 tale beskikbaar. Dit sluit party tale in wat gepraat word in die Kaukasus, die fassinerende streek wat gepas beskryf word as “’n berg van tale”.