Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 ONS BESKOU DIE WÊRELD

Ons beskou die wêreld

Verenigde State

Volgens ’n verslag deur die Amerikaanse Departement van Binnelandse Veiligheid het veiligheidspersoneel by lughawens gedurende die afgelope tien jaar sowat 50 miljoen verbode items gekonfiskeer. In 2011 alleen het veiligheidspersoneel voorkom dat meer as 1 200 vuurwapens op vliegtuie geneem word. Die meeste van die eienaars het gesê dat hulle eenvoudig vergeet het dat hulle ’n vuurwapen dra.

Brasilië

Die onderwysowerheid het elektroniese skyfies in skooluniforms begin sit om stokkiesdraaiery te probeer hokslaan. ’n Ouer ontvang ’n sekere teksboodskap wanneer sensors bespeur dat sy of haar kind by die skool aangekom het en ’n ander boodskap as die kind meer as 20 minute laat is.

Noorweë

Die Lutherse Kerk is nie meer Noorweë se amptelike staatsgodsdiens nie. Die Noorweegse parlement het vir die eerste keer gestem om die grondwet te verander sodat daar nie meer so ’n hegte band tussen Kerk en Staat sal wees nie.

Tsjeggiese Republiek

In ’n opname het twee-derdes van Tsjeggiese werknemers gesê dat hulle verplig voel om werkverwante oproepe, e-posse of teksboodskappe te beantwoord wanneer hulle nie by die werk is nie. Meer as ’n derde meen dat dit onbeskof is om nie onmiddellik daarop te reageer nie.

Indië

Ten spyte van ’n toename van byna 50 persent in voedselproduksie gedurende die afgelope 20 jaar en ’n rys- en koringvoorraad van 71 miljoen ton sukkel Indië nog steeds om sy bevolking te voed. Slegs omtrent 40 persent van die graanvoorraad bereik Indiese huishoudings. Korrupsie en vermorsing is deel van die probleem.