Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons beskou die wêreld

Ons beskou die wêreld

Verenigde State

In ’n studie onder voetgangers is bevind dat byna ’n derde se aandag afgelei is wanneer hulle besige strate oorsteek—hulle luister na musiek, praat oor die selfoon, ensovoorts. Die gevaarlikste afleiding is teksboodskappe. Dit neem voetgangers wat teksboodskappe stuur, 18 persent langer om ’n straat oor te steek as dié wie se aandag nie afgelei is nie, en dit is 3,9 keer waarskynliker dat hulle ’n verkeerslig sal verontagsaam of ’n straat sal oorsteek op ’n ongepaste plek of sonder om links en regs te kyk.

Nigerië

Vroue wat deur mensehandelaars van Nigerië af na Europa geneem word, word gedwing om ’n rituele eed van geheimhouding by ’n heiligdom van die juju-toorkuns af te lê. Om die vroue te oorheers en te verseker dat hulle gehoorsame seksslawe sal wees, buit handelaars diepgewortelde vrees vir straf deur die geestewêreld uit.

Spanje

Tussen 5 en 10 persent van mense wat lank werkloos is, haal universiteitsgrade en werksondervinding van hulle CV’s af omdat dit werksaansoekers oorgekwalifiseerd laat voorkom.

Wêreld

Die rook wat primitiewe houtstowe afgee, word beskou as ’n vername doodsoorsaak in ontwikkelende lande, waar viermiljoen mense per jaar weens rookverwante asemhalingsiektes sterf. Navorsers sê dat die skadelike chemikalieë wat deur hout- of koolstowe vrygestel word, net so dodelik is soos die gifstowwe in sigaretrook.