DIE BYBEL SE BESKOUING
Die skepping
Het God die aarde in net ses dae van 24 uur elk geskep, soos party voorstanders van die skeppingsleer sê?
“In die begin het God die hemel en die aarde geskep.”—Genesis 1:1.
WAT DIE BYBEL SÊ
God het die heelal, insluitende die aarde, in die onbepaalde verlede geskep
Die Bybel praat ook van ses “dae” waartydens God geskep het. Maar dit sê nie dat hierdie dae 24 uur lank was nie (Genesis 1:
WAAROM DIT SAAK MAAK
Die valse idees van voorstanders van die skeppingsleer kan veroorsaak dat jy die Bybel heeltemal verwerp. Maar as die Bybel se skeppingsverslag wel geloofwaardig is, sal jy kan baat vind by die oorvloed “praktiese wysheid” daarin.—Spreuke 3:21.
Het God evolusie gebruik om lewe op die aarde te skep?
“God het . . . gesê: ‘Laat die aarde lewende siele voortbring volgens hulle soorte.’”—Genesis 1:24.
WAT DIE BYBEL SÊ
God het nie ’n eenvoudige lewensvorm gemaak en dit toe laat evolueer sodat komplekser lewensvorme daaruit ontstaan het nie. Hy het eerder basiese “soorte” komplekse plante en diere geskep, wat toe “volgens hulle soorte” voortgeplant het (Genesis 1:
Die Bybel sê nie hoeveel verskeidenheid in ’n soort kan voorkom nie, soos die geval is wanneer diere van dieselfde soort kruisteel en hulle by hulle omgewing aanpas. Hoewel party hierdie aanpassings as ’n vorm van evolusie beskou, word ’n nuwe lewensvorm nie voortgebring nie. Hedendaagse navorsing staaf die gedagte dat die basiese klasse plante en diere oor ontsaglike lang tydperke min verander het.
WAAROM DIT SAAK MAAK
Die feit dat die Bybel wetenskaplik akkuraat is wanneer dit praat van basiese “soorte” plante en lewende wesens, versterk die oortuiging dat dit ook op ander gebiede, insluitende geskiedenis en profesie, geloofwaardig is.
Waar het die rumateriaal van die heelal vandaan gekom?
“My hande het die hemel uitgespan.”—Jesaja 45:12.
WAT DIE BYBEL SÊ
God is die Bron van oneindige krag, of energie (Job 37:
WAAROM DIT SAAK MAAK
Die sterrekundige Allan Sandage het eenkeer gesê: “Die wetenskap kan nie die diepste vrae beantwoord nie. Sodra jy vra waarom daar iets is in plaas van niks, kan die wetenskap jou nie help nie.” Die Bybel verduidelik nie net die skepping op ’n manier wat met die wetenskap strook nie, maar dit beantwoord ook vrae wat die wetenskap nie kan beantwoord nie
^ par. 16 Vir meer inligting, sien hoofstuk 3 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.