Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan El Salvador

’n Besoek aan El Salvador

BYKANS 500 jaar gelede, toe die Spanjaarde aangekom het in wat nou El Salvador is, het die oorheersende stam wat daar gewoon het, hulle gebied Cuscatlán genoem’n naam wat “Land van die juweel” beteken. Vandag is die meeste mense in El Salvador nakomelinge van inheemse stamme en Europese nedersetters.

Salvadoriane is daarvoor bekend dat hulle hardwerkend en vriendelik is. Hulle is ook beleefd en respekvol. Mense groet ander vriendelik deur “Buenos días” (goeiemôre) of “Buenas tardes” (goeiemiddag) te sê voordat hulle ’n gesprek aanknoop of wanneer hulle by ’n onderneming instap. Trouens, Salvadoriane in landelike gebiede en klein dorpies beskou dit as ongeskik om ’n verbyganger te ignoreer of nie te groet nie.

Koffieverbouing het ’n groot invloed op die geskiedenis van El Salvador gehad

Een van die gewildste geregte onder Salvadoriane is pupusa’n tortilla van mieliemeel (of rysmeel) wat gevul word met kaas en boontjies, sowel as vark of ander vulsels. Pupusas word dikwels bedien met tamatiesous en curtido’n mengsel van kool, wortels, uie en gekruide asyn. Hoewel party mense ’n mes en vurk gebruik, word pupusas tradisioneel met die hand geëet.

Pupusas is een van El Salvador se gewildste geregte

Los Tercios-waterval, Suchitoto

 HET JY GEWEET? El Salvador is al die land van vulkane genoem. Daar is meer as 20 vulkane, waarvan party nog aktief is. Die Los Tercios-waterval tuimel oor hoë seshoekige rotskolomme wat deur vulkaniese aktiwiteit gevorm is.

Daar is meer as 38 000 Getuies van Jehovah in El Salvador, en hulle is in ongeveer 700 gemeentes georganiseer. Hulle studeer die Bybel met sowat 43 000 mense in Spaans, Engels en Salvadoriaanse Gebaretaal.