Ons beskou die wêreld
Wêreld
“Elke jaar sterf byna 3 miljoen babas gedurende die eerste maand van hulle lewe, meestal weens voorkombare oorsake. Meer as ’n derde van hierdie babas sterf gedurende die eerste dag van hulle lewe.”—Red die Kinders Internasionaal.
Brittanje
Volgens Engeland se Openbare Gesondheidsdiens was daar in 2011 in 15 munisipale gebiede van Londen ’n toename in sterftes weens deeltjielugbesoedeling. Dit is ironies dat diesel as groen bemark word omdat dieselenjins ligter op brandstof is en minder koolstofdioksied vrystel. Tog is 91 persent van deeltjielugbesoedeling in daardie omgewing te wyte aan dieselvoertuie.
Rusland
Volgens ’n opname wat Rusland se Stigting vir Openbare Mening in 2013 gedoen het, het ongeveer 52 persent van die Russe wat beweer dat hulle Ortodokse Christene is, gesê dat hulle nog nooit eens ’n gedeelte van die Bybel gelees het nie, en 28 persent het gesê dat hulle selde bid.
Afrika
Verwarring oor wie landbougrond besit, belemmer landbouproduksie en laat armoede toeneem, sê ’n verslag van die Wêreldbank. Die helfte van die wêreld se onbewerkte bruikbare grond—sowat 202 miljoen hektaar—is in Afrika, waar landbouproduktiwiteit na bewering net ’n kwart van sy potensiaal bereik.
Verenigde State
’n Aantal skole en universiteite vervang handboeke met elektroniese tablette waarop die nodige leesstof, sagteware, toepassings, ensovoorts, gelaai is. Maar daar bestaan twyfel of dit goedkoper is.