DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Oktober 2016

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 28 November tot 25 Desember 2016.

LEWENSVERHAAL

Ek het goeie voorbeelde probeer navolg

Die aanmoediging van ervare Christene kan ander help om goeie doelwitte te stel en te bereik. Thomas McLain vertel hoe ander ’n goeie voorbeeld vir hom gestel het en hoe hy op sy beurt ander probeer help het.

“Moenie goedhartigheid teenoor vreemdelinge vergeet nie”

Hoe beskou God vreemdelinge? Wat kan jy doen om uitlanders te help om tuis te voel in jou gemeente?

Bly geestelik sterk terwyl jy in ’n anderstalige veld dien

As God se knegte moet ons geestelikheid en dié van ons gesin vir ons van die grootste belang wees. Maar diegene wat in ’n anderstalige veld dien, kom voor unieke uitdagings te staan.

“Bewaar praktiese wysheid”—Hoe?

Wat is die verskil tussen praktiese wysheid, kennis en begrip? Dit kan van groot nut wees as ons weet wat die verskil is.

Versterk jou geloof in die dinge waarop jy hoop

Daar is talle goeie voorbeelde van geloof uit die ou tyd en in ons dag waaruit ons kan leer. Hoe kan jy jou geloof sterk hou?

Beoefen geloof in Jehovah se beloftes

Presies wat is geloof? En nog belangriker, hoe kan jy dit beoefen?

Het jy geweet?

Hoeveel vryheid het Rome in die eerste eeu aan die Joodse owerheid in Judea toegestaan? Het dit soms in die ou tyd gebeur dat iemand onkruid in ’n ander man se saailand gesaai het?