Spring na inhoud

Betheltoere

Ons nooi jou hartlik om op toer te kom by ons takkantore, wat gewoonlik Bethel genoem word. Party van ons kantore het ook selfbegeleide uitstallings.

Toere begin weer: In baie lande het ons op 1 Junie 2023 weer met toere by ons takkantore begin. Vir meer inligting, kontak die takkantoor waar jy vir 'n toer wil gaan. Moet asseblief nie die takkantoor besoek as jy positief getoets het vir COVID-19, verkoue- of griepsimptome het nie of onlangs blootgestel is aan iemand wat positief getoets het vir COVID-19 nie.

Oekraïne

Toerinligting

Bespreek ’n toer

Kyk na of verander toerbesprekings

Laai ’n toerbrosjure af

Uitstallings

Saam met die begeleide toer is daar ook twee uitstallings wat jy kan besoek. Een uitstalling wys die geskiedenis van die predikingswerk in Oekraïne vandat dit meer as 100 jaar gelede begin het tot nou toe. Dit beskryf hoe Jehovah se Getuies vervolg is toe Oekraïne deel van die Sowjetunie was en hoe duisende van hulle na Siberië gestuur is. Die ander uitstalling bevat Bybels wat baie skaars is en wys hoe God se naam in die Skrif behoue gebly het in Russiese en Oekraïense vertalings van die Bybel. Besoekers kan ook ’n onbegeleide toer van die eiendom neem en in die besoekersentrum iets eet en drink.

Adres en telefoonnommer

Hoe om daar te kom