Spring na inhoud

28 AUGUSTUS 2020
SUID-KOREA

Meeste reënval op rekord val in Suid-Korea, veroorsaak baie skade

Meeste reënval op rekord val in Suid-Korea, veroorsaak baie skade

Plek

Suid-Korea

Ramp

  • Dit was die langste reënseisoen wat nog ooit in Korea opgeteken is

  • Die aanhoudende reën het vernietigende oorstromings en grondstortings veroorsaak

Hoe ons broers en susters geraak is

  • 16 verkondigers moes tydelik hulle huise verlaat

Skade aan eiendom

  • 30 huise is beskadig

  • 19 Koninkryksale is beskadig

Noodlenigingswerk

  • Die takkantoor in Korea het drie noodlenigingskomitees (DRC’s) aangestel

  • Die DRC’s en kringopsieners in die kringe wat geraak is, werk saam met die plaaslike gemeentelike ouermanne om die broers en susters te help

  • Noodsaaklike skoonmaak- en herstelwerk van beskadigde huise en Koninkryksale word gedoen

Ondervinding

  • In die stad Goerje, een van die gebiede wat die meeste reën gekry het, moes broer Min-seong Lee en sy vrou hulle huis en alles wat hulle besit het, agterlaat. Hulle huis was heeltemal oorstroom. Toe dit veilig was vir die noodlenigingswerk om te begin, het verteenwoordigers van ’n DRC die Lee’s se huis skoongemaak en noodsaaklike items aan die paartjie voorsien. Die broers wat op die DRC dien, het die Lee’s ook emosioneel en geestelik vertroos. Suster Lee het oor die hulp wat sy en haar man ontvang het, gesê: “Ek is so dankbaar vir hulle hulp. Alles wat hulle gedoen het, was wonderlik. Hulle het na dinge omgesien asof dit hulle eie huise was. Dit is waar dat ek baie verloor het, maar ek voel dat ek soveel meer gekry het as wat ek verloor het.”

Ons is dankbaar dat Jehovah, “die God van alle vertroosting”, aanhou om na ons broers en susters in Korea om te sien gedurende hierdie moeilike tyd. – 2 Korintiërs 1:3, 4.