5 MAART 2020
WÊRELDNUUS
Verslag van die Koördineerderskomitee vir 2019 – Hoe ons broers gehelp word wanneer daar ’n ramp is
Die Verslag van die Koördineerderskomitee vir 2019 met die naam Hoe ons broers gehelp word wanneer daar ’n ramp is het verduidelik hoe ons organisasie die wêreldwye broederskap help wanneer daar noodgevalle is. Die verslag het inligting ingesluit oor hoe ons broers mekaar gehelp het nadat ’n aardbewing en ’n tsoenami Indonesië getref het en ’n geelkoors-epidemie in Nigerië uitgebreek het. Gedurende die huidige epidemie van die nuwe korona-virus (bekend as COVID-19) sal die Bestuursliggaam aanhou om riglyne te gee aan die broers en susters in dele van die wêreld wat hierdeur geraak word.